Omo, my geheime vriend

my gedagtes is vandag op reis
na die agter strate van my geheue
tot in die flat in Sunnyside
waar jou jeans in die bad soak

meatloaf se passie stem vloei
terwyl ons in die lakens verdwyn
verlore vir die wêreld
verlore vir common sense

na jy weggesluimer het
op die wolk van jou tevrede libido
verkleur my kneukels wit
terwyl ek die water uit jou jeans dwing

uitgehang oor die vreemde draad in die kombuis
met die patetiese klein venster oop vir ventilasie
bekyk ek die wonder van Omo se cleaning power
wat die evidence van my bloed
in die stilte laat verdwyn het

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui