die aand speel op sy laaste snaar ek sit regop met ken op knieë en hou jou dop jou slapende lyf lê weer skuins met ‘n taal van dominansie oor die gevlekte matras ek luister na jou tweedehandse asem en hoor die pynkreet van duisende verborge siele wat deur jou …

ek ontmoet jou in my drome by ‘n straatkafee ‘n verbeeldinglose plek ver van die strate van Parys die wind dans om ons tafel wat die koue laat sak in die holte van my hart jou woorde is omgekeerd verdraaid in my droom se klank tog maak dit nou meer …

my gedagtes is vandag op reis na die agter strate van my geheue tot in die flat in Sunnyside waar jou jeans in die bad soak meatloaf se passie stem vloei terwyl ons in die lakens verdwyn verlore vir die wêreld verlore vir common sense na jy weggesluimer het op …

Die Epos From: hanna@arthouse.co.za Sent: 26 February 2010 12:01 PM To: bella@gigimail.com Subject: Hellooo my maaitjie My liewe vriendin, ek verlang my besimpeld na jou. Dinge is so besig hierby ons, maar dit is nie ʼn verskoning vir die lang stilte nie. Ek kan nie glo my laaste epos was …

Sy word nie kwaad nie. Dit is moontlik die probleem. Dit is verseker die oorsaak. Die rede hoekom sy nou sit waar sy sit. Te veel fokken sluk. Alles sit dik in haar keel en oor die jare gaan niks meer af nie. Dit hang net uit tussen haar mond …

Die klanke van Samuel Barber se Adagio for stings vleg ritmies saam met elke draai, elke konkel en elke moeitelose beweging van Adriana se kar. Die pad is nou al ‘n ou bekende vriend wat vir meer as ’n jaar, elke oggend homself voor haar uitstrek. Haar gedagtes vestig alleenlik op haar …

Sy het in die verlede, net as dit bitter koud is, bewus geword van die groot leemte langs haar. Die hond kan sy lyf van snoet tot stert uitstrek maar haar rug wil nie warm word nie. Die probleem is, deesdae is dit nie net ‘n winters ding nie. Die …