Die Epos

Die Epos

From: hanna@arthouse.co.za

Sent: 26 February 2010 12:01 PM

To: bella@gigimail.com

Subject: Hellooo my maaitjie

My liewe vriendin, ek verlang my besimpeld na jou. Dinge is so besig hierby ons, maar dit is nie ʼn verskoning vir die lang stilte nie. Ek kan nie glo my laaste epos was amper twee maande terug nie.

Sjoe, waar om te begin. Met die kinders gaan dit verbasend goed. Klein Nicola pas goed aan by die nuwe kleuterskool. Na haar eerste dag het Andre haar gevra hoeveel nuwe maaitjies sy het. Sonder om te bloos blaker sy toe haar antwoord uit, “100 Pappa, ek weet nie hoe gaan ek by almal uitkom nie.” Sy is nou al ‘n maand daar en vriendin, dit lyk asof sy al amper die 100 merk oorskry het. Haar oop vriendelike gesiggie is vir ons elke dag ʼn ongelooflike plesier. Ek wens jy kon haar sien.

Nou laat ek dink, wie is volgende? Herman natuurlik. Onthou jy toe hy op ses maande geweier het om aan die slaap te raak sonder daai klein rugby bal wat Andre vir hom gekoop het? Vriendin, die klein kabouter versamel nou drieë! Hy het hierdie jaar begin Bulletjie rugby speel en hy is die ster van die span. Hy het nie ‘n stukkie vrees in hom nie. Ek wens jy kon sy passie sien.

Vriendin, ongelukkig is alles nie goeie nuus nie. Laas jaar was vir Rudi maar moeilik en Andre het besluit dat dit beter sal wees as hy Gr 5 oordoen in ‘n nuwe skool. Ek het nie noodwendig saam gestem nie maar Andre voel baie sterk oor sy besluit. Hy glo ‘n nuwe begin is wat die kind nodig het. Ek kan sien dat Rudi sy beste probeer maar ek is bekommerd dat hy net ʼn front vir Andre voorhou. Dit is iets in sy oë, daar is iets daar wat nog baie hartseer is, maar ten spyte daarvan sien ek elke dag hoe hy verbeter. Ek wens jy kon sien hoe dapper hy is.

Andre, wel soos jy weet, Andre is Andre. Die besigheid doen goed maar dit vat baie van sy tyd op. Ek wens net soms dat hy kan ophou skuldig voel daaroor. Vir die eerste jaar na die ongeluk het hy al sy tyd toegewy aan die kinders. Ek het gesien hoe hy sy eie pyn weggesteek het terwille van hulle. Vriendin, hy het amper alles verloor. Jy weet self dat sy besigheid vir hom baie beteken. Ek moes ingryp en het hom een aand Roxies toe gevat. Onthou jy nog, die restaurant waar hy die idee vir die besigheid op servette aan ons verduidelik het. Ek wou sy passie weer opwakker en glo dit of nie dit het gewerk! Vir die eerste keer in ‘n lang tyd is hy weer opgewonde oor die lewe. Hy is amper weer sy ou self. Ek wens jy kon sy deursettings vermoë sien.

So nou kom ek by die nuus wat swaar op my hart lê. Aan die eenkant glo ek jy sal saam met my gelukkig wees maar aan die ander kant voel ek soos ʼn verraaier. Jy weet hoe belangrik jou gesin vir my is. Hoe belangrik jy al die jare vir my was. Onthou jy die aand toe Nicola gebore is. Andre was in Holland en jy was ongelooflik kwaad vir hom. Die kraam pyne het jou woede gevoed en jy het met elke kontraksie hardop geskreeu, “Andre jou bliksem!”.

Jy het my hand so vasgedruk dat ek vir ‘n week daarna nie my verf kwas kon vashou nie. Na jy vir Nicola vir die eerste keer in jou arms vasgehou het, het jy opgekyk na my toe en my gesmeek om altyd daar vir die kinders te wees. Om altyd daar vir jou te wees. Onthou jy dit. Ek het deur al die jare getrou gebly aan die belofte. Jy weet ek was daar vir al die eerstes. Jy weet dat hulle soos my eie kinders is, die kinders wat ek geglo het ek kon nooit self gehad het nie. Dit sal nooit verander nie, maar vriendin, ek is swanger en Andre is die pa. Ek weet nie hoe om die nuus anders te breek nie. Ek en Andre is lief vir mekaar. Dit kon nie anders nie. Na jou dood het ek dag en nag met jou gesin spandeer. Andre was geheel en al verlore en die kinders, wel die kinders was stukkend. Ek het die stukke vir jou opgetel soos ek weet jy van my sou verwag het. Ek het my alles gegee vir jou gesin. Jy sien, jou gesin is die naaste wat ek aan jou kan wees en ek is die naaste wat hulle aan jou kan wees. Dit maak net sin, doen dit nie?

Ek wens jy kon hier langs my gesit het. Ek wens jy kon vir my gesê dit is die regte ding. Dat jy my vergewe, dat jy gelukkig is vir my. Ek wens ek kon jou stuif vas gehou het. ‘n Koffie met jou deel, ‘n traan, ‘n lag en ek wens jy kon my hand vasgehou het die dag wat ons kind gebore word. Stuif vas terwyl ek vir Andre vloek. Dit is ‘n dogtertjie. Ons gaan haar Isabelle noem. Jou naam Bella.

Ek mis jou. Ons mis jou.

Jou vriendin vir altyd.

Hanna.

 

519 Comments

  1. Добрый день товарищи!
    Наша фирма занимается свыше 10 лет ритуальными услугами в городе Минске.Вот что мы можем предложить вам:
    1)ритуальные услуги –Мы более десяти лет предоставляем услуги ритуального характера в Минске и Минской области, помогаем достойно проводить усопшего в последний путь.
    2)ритуальные услуги минск-Мы оказываем ритуальные услуги с набором всего необходимого товара и сервиса, которые предлагаем, опираясь на возможные финансовые затраты клиента.
    3)организация похорон-Сотрудники нашего ритуального агентства – это специалисты высокого класса с большим опытом работы.
    4)организация похорон минск-Наш многофункциональный похоронно-ритуальный центр обеспечит качественные похороны с полным набором требуемых ритуальных услуг.
    http://iv-lisica.ru/index/8-18865
    http://dev.euro-football.ru/user/Helenagwd
    http://mbdou25.ru/index/8-48576
    http://radiomiami.cba.pl/profile.php?lookup=40521
    https://intruder.superbossgames.com/forum/memberlist.php?mode=viewprofile&u=120201

  2. Приветствую Вас товарищи[url=https://mfc-ritual.by/]![/url]
    Наша фирма занимается свыше 10 лет ритуальными услугами в городе Минске.Вот что мы можем предложить вам:
    1)[url=https://mfc-ritual.by/]ритуальные услуги[/url] –Мы более десяти лет предоставляем услуги ритуального характера в Минске и Минской области, помогаем достойно проводить усопшего в последний путь.
    2)[url=https://mfc-ritual.by/]ритуальные услуги минск[/url]-Мы оказываем ритуальные услуги с набором всего необходимого товара и сервиса, которые предлагаем, опираясь на возможные финансовые затраты клиента.
    3)[url=https://mfc-ritual.by/]организация похорон[/url]-Сотрудники нашего ритуального агентства – это специалисты высокого класса с большим опытом работы.
    4)[url=https://mfc-ritual.by/]организация похорон минск[/url]-Наш многофункциональный похоронно-ритуальный центр обеспечит качественные похороны с полным набором требуемых ритуальных услуг.
    http://www.dynastart.fi/en/users/helenashr
    http://sfh.bikfalvi.hu/forum/memberlist.php?mode=viewprofile&u=96733
    https://www.rctech.net/forum/members/helenapak-235368.html
    http://telcobro.com/memberlist.php?mode=viewprofile&u=81280
    https://forum.blu-ray.com/member.php?u=545063